WAT JY MOET WEET

Die Daniël Konferensie vir manne is om die draai, en as jy nog nie ingeskryf het nie raak jou tyd min! Kliek gerus hier of op die prentjie hieronder om als uit te vind oor registrasie, datums, pryse en sprekers. Hoop om jou daar te sien.

Die Paul Wilber Worship Konferensie is om die draai! Kliek hier om al die inligting eerstehands te kry...

NUUSBRIEF INSKRYWING

Hier kan jy inskryf op van ons e-pos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou e-pos adres en naam in, kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





SOEK

                 VROUEBEDIENING

 Vir al die vroue van die gemeente en wyer

Ons wil vroue bystaan om Geesvervuld te word en in afhanklikheid van God, hul skeppingsdoel te kan uitleef in hulle huwelike, gesinne, gemeenskap en die wêreld.

Ons wil ook geleenthede skep waar die Heilige Gees vroue kan vry maak, toerus en inspireer.

 

Ons Aktiwiteite bestaan uit:

  • Kwartaallikse massabyeenkomste - vrouefeeste waartydens bedieningsgeleenthede geskep word (700+ vroue)
  • Kampe: Waar vroue afgesonder kan word om lering te ontvang, God te ervaar en mekaar te bedien met profesieë, berading en liefde (± 220 vroue per kamp).
  • Inskakeling van soveel moontlik vroue in weeklikse Bybelstudie-groepe. Verskillende groepe maak voorsiening vir vroue met jong kinders asook diegene wat graag sonder kinders wil byeenkom
  • 'n Intersessie span wat gereeld vir die werksaamhede van die Vrouebediening, die land en ook alle vroue in nood bid. Hierdie span is verdeel in gebedsgroepe wat gereeld gebedsbyeenkomste het.
  • Vroueoggende waar 'n aktuele onderwerp aangespreek word en/of geestelik bedien word. Meer besonderhede oor wat op die betrokke oggende aangebied word, word deur die loop van die jaar aangekondig.

Algemene navrae: Alisha Jordaan 012 997 8000 of vroue@moreleta.co.za  

 

Lees gerus die artikel deur Mathilda Fourie - Hef jou man op tot hoof van die huis


Kliek hier om Darlene Marie Wilkinson se artikel te lees oor Women Who Make A Difference

 

'n Besondere getuienis wat ontvang is na die "Ester - Ken jou naam" konferensie:

 

Goeiedag ds Elza,

Gedurende die Ester - Ken jou Naam konferensie, Maart 2009, het daar soveel wonderlike dinge gebeur.  Maar vir my is die een ding wat saak maak, dat nietige (dog kosbare) ek vir God so belangrik is, dat Hy my aangeraak het.

Vir 'n baie lang tydperk het ek met asma saam geleef.  Soms was dit van so 'n aard dat my daaglikse bestaan daardeur ontwrig is. Dan was daar ook die keer in 2007 dat ek gehospitaliseer moes word en manlief en die 3 kinders op hul eie aangewese was. Vir hulle was dit 'n moeilike tyd, want dis in daardie tydperk dat ek besef het hoe afhanklik hulle van my is. Dit het my ook laat besef dat God spesifieke mense in spesifieke posisies plaas, sodat elkeen 'n doel en 'n taak het.  Maar feit was, ek kon nêrens gaan sonder my medikasie nie.

Maar reeds gedurene daardie tyd, was God wonderbaarlik besig om met my te werk.  Ja, sonder dat jy dit besef is Hy besig.  Hy gaan nie skielik op 'n dag wat vir jou gerieflik is voor jou kom staan en sê: "Nou gaan ek jou fix", nie. Nee, God het Sy eie tyd en Hy laat alles ten goede meewerk vir die wat Hom liefhet.

"Ester - Ken jou Naam” het amper nie vir my gebeur nie. Daar was gedurig 'n struikelblok wat wou kom kop uit steek het, maar ek het deur gedruk. Vrou-alleen het ek die 300km na Pretoria afgelê en ten spyte van talle teespeod en terleurstellings kon my skoonsus en haar ma die konferensie saam meemaak.  Noudat ek terug kyk weet ek dat God met my 'n afspraak gehad het.

Dit was so lekker om te weet wat my naam beteken, maar dis eers toe ons God se Name behandel dat ek besef het ek is op die regte tyd op die regte plek.  Dit was asof 'n nuwe wêreld vir my oopgesluit is en tog het ek beperkte kennis hiervan gehad. So tussen al die Name, met die witklippie om my nek, het ek gekies om Jahweh Rapha oor myself uit te roep. God van genesing, want God het my na Sy beeld geskape. God is sonder siektes en gebreke, waarom moet ek toelaat om lamgelê te word deur iets wat die vyand voor my hou?  Ek het my gebed in my notaboekie geskryf en nie meer veel gehoor van wat gesê word nie.  Ek het so baie geskryf, maar dit was asof ek direk met God in gesprek was.

Met die beroep dat die wat behoefte het vir gebed vir genesing vorentoe kan kom, het iets met my gebeur. 'n Ongekende bewing het binne my opgewel, so erg dat ek nie verder kon skryf nie.  Dit was asof elke sel in my 'n vibrasie van sy eie gehad het en toe skielik die hartkloppings. My stoel het ongemaklik geraak en 'n gevoel van iemand wat my vorentoe druk, het my laat besef dis my uitnodiging.

Ek het my notaboek langs my op die vloer neergesit en terselfdertyd my "nood"-asmapompie uit my sak gehaal en vorentoe beweeg. Daar op daardie trappie het ek dit neergelê. Ek het terug getree, maar kon nie omdraai om terug te gaan na my sitplek toe nie. Op my knieë, met hande uitgestrek na God het 'n ongekende emosie besit geneem oor my, 'n gevoel van ongekende vrede het oor my gespoel. Ten spyte van die gevoel van vrede het die hartkloppnigs en bewing net geïntensiveer.  My bors het van binne begin brand, maar dit was 'n vreemde gevoel, want ten spyte daarvan kon ek nog gemaklik asemhaal.  Soos wat die trane oor my wange gevloei het, het ek God gesmeek om my aan te raak, om my te genees. 'n Rustigheid het binne in my posgevat, die tagikardie en bewing het stil-stil saam met die trane verdwyn.

Toe ek opstaan het ek geweet iets het gebeur. 'n Dierbare vrou het haar arms om my gevou en gesê: "Dit wat jy gevra het, het God gedoen".

Ek het toe omgedraai om na my sitplek terug te gaan, net om in jou vas te kyk. En asof deur iemand aangehits het ek vir jou gesê dat julle die pompie om die trappie kan weggooi, ek gaan dit nie meer nodig kry nie, maar ook die belofte gemaak dat ek gaan skryf.

Hoekom nou eers skryf? Nie ter wille van my eie ongelowigheid nie, nèè, maar om God se Grootheid en Almag te beklemtoon.  Dit is nou so bietjie meer as 'n jaar en ek is steeds vry van enige asma-medikasie. God kan jou 'n 'n oogwink genees! Maar ek weet ook dat Hy nie met almal op dieselfde wyse werk nie. Somtyds is slegs 'n aanraking nodig, ander kere iets meer sigbaar soos klei.

Na daardie naweek het ek by die huis gekom en die eerste ding wat ek gedoen het was om alle asma-medikasie weg te gooi.  Ongeag wat ander te sê gehad het, het ek vas bly staan dat God my genees het. Ek het daardie winter brongitis gekry, sonder enige komplikasies, met hoesstroop as enigste wapen. Dit is eenvoudig amazing.

So 5 weke gelede het ek begin probleme ervaar met my asemhaling en na 'n paar toetse het dokters bevestig dat dit nie asmaties is nie, maar nogtans weet hul nie wat die oorsaak is nie. Ja, dit word nou erger, maar ek weet dat God my genees het en dat wat ookal nou die probleem is, ook in Sy hande is.

Baie dankie vir die aandeel wat ds Elza gehad het, dat jy steeds bereid is om 'n instument te wees.

Aan God al die Eer!!!

Met liefde

Erina Delport

 

I AM ME AND YOU ARE YOU

I am me, and you are you.

I don’t stand or walk like you.

I don’t smile or talk like you,

For God made one of me – not two!

I am me, and you are you,

I don’t sing a song like you,

Or even hum along like you,

For God made one of me – not two!

I am me, and you are you.

I don’t run and skip like you,

And I don’t hoppety-hip like you,

For God made one of me – not two!

I am me, and you are you.

I don’t drink or eat like you,

Or even chew my meat like you,

For God made one of me – not two!

I am me, and you are you.

I don’t write or draw like you,

And I don’t color at all like you,

For God made one of me – not two!

I am me, and you are you.

I don’t sleep in bed like you,

Or even lay my head like you,

For I am me, and you are you.

God made one of me – not two!

“For who maketh thee to differ from antohter?” (1 Cor 4:7)

By Emily Hunter