Skolliekamp 29 Mrt - 5 April
Monday, March 1, 2010 at 9:42AM ‘n Skoolverlaterskamp wat jou voorberei op die lewe na matriek!
Matrieks: Eerskomende April-vakansie is dit tyd vir die jaarlikse Skolliekamp. Dit word gewaarborg as die lekkerste en leersaamste week van jou lewe!
By dié kamp word jy voorberei op alle aspekte van die lewe na matriek, ongeag van wat jy ná skool gaan doen – werk, studeer of oorsee gaan.
Jy gaan matrieks ontmoet van regoor Mpumalanga en Pretoria; vriende maak wat volgende jaar dalk saam met jou in ‘n koshuis of kommune gaan wees, of dalk saam iewers oorsee. Verder gaan jy studente en jong werkende mense ontmoet wat reeds ervaring het in dit wat jy ná skool wil doen.
Jy word by die kamp uitgenooi om vrae te vra oor ENIGE onderwerp! Jy gaan antwoorde kry op vrae wat strek van beroepe tot verhoudings. Van geloofsvrae tot kampus-advies.
Die kamp is gewaarborg! “As jy die hele kamp bywoon en jy voel nie dit was die lekkerste en leersaamste week van jou lewe nie – Gee Ons Jou Geld Terug!”
Skryf vandag nog in op die webwerf by: www.skolliekampe.org.za
Navrae: Karin Scrooby Sel: 082 496 9586
E-pos: kruisrivier@skolliekampe.org.za







Reader Comments