WAT JY MOET WEET

Die Daniël Konferensie vir manne is om die draai, en as jy nog nie ingeskryf het nie raak jou tyd min! Kliek gerus hier of op die prentjie hieronder om als uit te vind oor registrasie, datums, pryse en sprekers. Hoop om jou daar te sien.

Die Paul Wilber Worship Konferensie is om die draai! Kliek hier om al die inligting eerstehands te kry...

PLAAS 'N GEBEDSVERSOEK
This form does not yet contain any fields.
    NUUSBRIEF INSKRYWING

    Hier kan jy inskryf op van ons e-pos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou e-pos adres en naam in, kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





    SOEK

    Draai terug na God

    Ons groet julle in die wonderlike Naam van ons Verlosser en Koning, Jesus Christus!

    God roep Suid-Afrika om terug te draai na Hom toe en ons wil die wonderlike getuienis rondom hierdie opdrag met julle deel:

     

    Die vroue van Suid-Afrika het die afgelope paar jaar, na verskeie Hadassa- en Esterkonferensies en uitreike, gebedsgroepe regoor die land gevorm. Hulle het ‘n opdrag uit Est 4:14c ontvang: Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ‘n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het! Die Here het die vroue in Suid-Afrika en Afrika opgeroep om voor sy troon te kom staan en in te tree vir ons gesinne en ons lande.

     

    Nuwe pad

    Die afgelope paar maande het ‘n wonderlike verhaal ontvou van God wat sy kinders op verskeie maniere en in verskillende dorpe regoor ons land oproep om die land en die kontinent aan te spoor om terug te draai na God toe! In elkeen se hart het Hy dieselfde boodskap geplant:

    Suid-Afrika, draai terug na God toe! God is self besig om sy kinders op te rig om terug te draai na Hom toe en om mense saam te neem op hierdie nuwe pad waar alle mans, vroue, kinders en suigelinge saam hande gaan vat in gebed, sodat Suid-Afrika en Afrika kan terugdraai na God toe.

     

    Ons het tydens uitreike en konferensies en kontak met ander gelowiges, beleef dat God besig is om sy bruid voor te berei vir sy wederkoms. Hy roep enkelinge in elke stad,

    stam, taalgroep en nasie om te bid. Ons word die getuies van die eerste druppels van geestelike herlewing wat oor Suid-Afrika, Afrika en die wêreld reën! Ons beleef ‘n kairos-seisoen in ons land en in die wêreld. Nóú, soos selde tevore, is dit tyd vir vir gebed en ‘n ootmoedige hart voor die Vadertroon!

     

    Gebedsmuur: 24/7 dag en nag

    2 Kron 7:14: As… my volk oor wie my Naam uitgeroep is, berou toon en bid en vra na my wil, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.

     

    Eseg 22:30: Ek het iemand (‘n man of ‘n vrou) tussen hulle gesoek wat ‘n muur sou bou en vir die stad in die bres sou tree dat dit nie vernietig word nie, maar ek het niemand gekry nie.

     

    Ons roep manne, vroue, kinders en die jeug op om namens ons land en sy mense in die bres voor God te staan en om ‘n gebedsmuur te vorm om wag te hou oor ons kontinent.

    Ons doen ‘n beroep op elkeen om sy/haar plek in te neem op hierdie gebedsmuur vir Suid-Afrika en Afrika. God het ons die outoriteit gegee om ons wapens as gebedstryders op te neem teen die sonde en ongeloof van ons tyd, en sodoende die geskiedenis van ons nasie te verander.

     

    Sag 4:6: Hier is die boodskap van die Here aan Serubbabel: Nie met mag en krag sal jy slaag nie, maar deur my Gees, sê die Here die Almagtige.

     

    Sag 9:16: Die Here hulle God sal daardie dag sy volk, sy kudde, red. Hulle sal in sy land vonkel soos die edelstene in ‘n kroon!

    Registreer jou gebedsgroep:

    Ons doel is om alle gebedsgroepe in Suid-Afrika sover moontlik deur middel van een register te koördineer. E-pos: turntoGod@moreleta.co.za / turn2God@moreleta.co.za

     

    Stuur asseblief die volgende besonderhede indien jy betrokke is by ‘n gebedsgroep (twee of meer bidders wat op gereelde basis saambid) en belangstel om by die gebedsmuur aan te sluit:

    · Naam van die gebedsgroep (indien van toepassing)

    · Dag en tyd waarop gebid word (weekliks, of hoe ook al van toepassing)

    · E-posadres van groep

    · Naam van dorp of stad.

     

    Ons is van plan om die lys as motiveringsinstrument en getuienis aan alle deelnemers te stuur. Met die hulp van die Here sal ons deurlopend die onbesette ure in die 24 uur-gebedswag met nuwe name vul, totdat ons ‘n 24/7 gebedsinisiatief regdeur die land en Afrika gevestig het en sodoende ‘n gebedsmuur om Afrika opgerig het.

     

    Ons wil ook graag op hierdie webtuiste op gereelde basis gebedsinligting as hulpmiddel

    plaas. Ons wil saam met ander gebedsgroepe en organisasies hande vat in ‘n poging om Suid-Afrika en Afrika van oos tot wes en van noord tot suid met gebed toe te dek.

     

    Mag die Here jou seën en jou beskerm, mag Hy tot jou redding verskyn en jou genadig wees. Vir meer inligting besoek turn2god.co.za

     

    Susan Foord

    Gebedskoördineerder

    Moreletapark Gemeente

    Vroue Uitreikbediening