WAT JY MOET WEET

PLAAS 'N GEBEDSVERSOEK
This form does not yet contain any fields.
    NUUSBRIEF INSKRYWING

    Hier kan jy inskryf op van ons epos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!






    Nuusbriewe
    Gemeente Nuusbrief
    Gap Nuusbrief
    Manne Nuusbrief
    Gebed Nuusbrief

    SOEK

    TEHILA AANBIDDING

     

    Tehila is deel van die Gebedsbediening wat oa met lof, aanbidding, Woordgebede en intersessie die hart van God bedien. In Openbaring vind ons dat aanbidding om die troon van God nooit ophou nie. Dit is ons strewe om wat in die hemel gebeur, hier tussen ons te vestig. Dis ons droom om te groei tot dieselfde 24/7 aanbidding.

     

    Jesus se woorde in Mark 11:15-17, waar Hy Jes 56:7& 8 aanhaal, dien as mandaat vir die 24-uur huis van aanbidding. So ook dien die profesie in Amos 9, wat handel oor die tabernakel van Dawid, as grondslag vir die visie van hierdie bediening.

     

    Al wat nodig is om deel van hierdie bediening te word, is ’n hart om God te dien. Die bediening word in sessies verdeel waar spanne aanbidders met hulle eie unieke aanvoeling God aanbid.

     

    Tehila wil graag met lof en aanbidding ‘n mat weef waarop God kan stap en:

    • ‘n Ruimte daar stel waar God ‘n ontmoeting met mense sal hê.
    • n Huis van aanbidding wat 24/7/365 lof en aanbidding aan God bring en sy hart bedien.