WAT JY MOET WEET

NUUSBRIEF INSKRYWING

Hier kan jy inskryf op van ons epos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!






Nuusbriewe
Gemeente Nuusbrief
Gap Nuusbrief
Manne Nuusbrief
Gebed Nuusbrief

SOEK

 

By Siekesorg het ons almal ‘n Jesushart vir siekes. Volgens 2 Kor 1:3-5 wil ons graag volgelinge maak van Jesus, deur met Sy liefde mee te leef en te bemoedig

 

Siekesorg bestaan uit verskeie bediening- en ondersteuningspanne. Ons besoek, ondersteun en bemoedig siekes en gemeentelede in smart of rou ten einde hulle te laat rus in God se liefde en teenwoordigheid. Verder raak ons holisties betrokke deur hulle deurlopend met hoop en die genade van die Here te bedien.

 

 

Bedieningsvelde:

Gebedsbediening:     Kettinggebed vir alle siekes

Korttermynsiekes:    Operasies, kort siekbed of ongesteldheid

Langtermynsiekes:  Terminale siekes, of chroniese probleme

Kinders:                  Terminale siekes of gestremdes

Bejaardes:               Alle bejaardes wat bemoediging nodig het

Rousmart:               Nasorg aan diegene wat geliefdes aan die dood moes                                   afstaan

Skoling:                        Om versorgers op te hef, toe te rus en te motiveer 

Genesingsdiens:     ‘n Genesingsdiens word 1 x per maand deur ds Sarel Visser gehou

 

Alle siekes en persone wat verlies van geliefdes het, kan aanmeldings doen by die Siekesorgbediening se koördineerder, Wilna Geyser 012 997 8033 of wilna.geyser@moreleta.co.za

 

Aanmeldings kan ook Sondae, na die eredienste, by die Siekesorg (toonbank nr 5 Woodlandssentrum) gedoen word.