Growing Families International
Hierdie program is oorspronklik saamgestel deur Gary en Ann-Mari Ezzo. Dis ‘n gefasiliteerde videokursus met ‘n handleiding vir egpare of enkellopendes in kleingroepe.
Belangstellendes wat een of meer van die kursusse wil bywoon, kan die voltooide inskrywingsvorm stuur aan Sanet du Toit by gesinne@moreleta.co.za of faks na Callie du Toit 086 615 9086. Hierdie kursusse word deur die jaar aangebied. Vir verdere navrae kontak
Kursusse: Adel Smit 083 5029 377
Kampe: Sean Martin 084 777 6565
Om in te skryf vir 'n kursus kliek hier op INSKRWINGSVORM
|
Kursusse beskikbaar “Let the children come along the ...” |
Ouderdom van Kinders |
Koste per egpaar |
Duur van kursus |
|
Infant way |
0 – 5 mnde |
R400 |
6 weke |
|
Toddler way |
5mnde – 2 jr |
R400 |
6 weke |
|
Virtuous way |
3 -10 jr |
R500 |
21weke |
|
Child Wise / Teen Wise |
3 – 10 jr |
R400 |
11 weke |
|
Middle Years (Preparation for Adolescence)* |
9 - 12 jr |
R400 |
6 weke |
|
Adolescence Years |
13 - 17 jr |
R400 |
9 weke |
* Slegs beskikbaar na voltooing van Virtuous Way
Kursus-inhoud
“Infant way” (Preparation for parenting)
In plaas daarvan om deur 'n baba ingeperk te word, word bevry en word die vader en moeder wat God wil hê jy moet wees. Hierdie kursus maak voorspraak vir orde in die baba se dag en 'n rustige nagrus.
“Toddler way” (Preparation for toddlers)
Hierdie is 'n opvolg van die Infant way-kursus. Die kursus is ontwerp om die regte leerpatrone (vir slaaptye, wakkertye en maaltye) te vestig, wat lei tot die regte omgewing. Die basis van morele opvoeding word ook hanteer.
“Virtuous way” (Growing Kids God's Way)
Hierdie kursus hanteer verskeie aspekte van kinderopvoeding soos die raakpunte van liefde, die vader se mandaat, die kind se gewete, karakter-ontwikkeling (respek vir ouderdom, portuurgroep, natuur en eiendom), gehoorsaamheid, dissiplinering (aanmoediging, regstelling, gevolge en straf), berou, vergifnis, herstel, ens.
“Middle years way” (Preparation for adolescents)
Logiese opvolg op die Virtuous Way (Growing Kids God's Way) kursus en behandel die belangrike oorgangsfase wat kinders en ouers gedurende die 12-14 jaar fase moet hanteer, naamlik die biologiese, sosiaal en morele oorgang. Dit help om die storm en stres van die tienerjare te voorkom of te verminder.
“Adolescents way” (Reaching the heart of your teen)
Die kursus behandel onderwerpe soos hoe om die hart van die tiener te ontdek, die liefdestaal van ouers en tieners te ontdek, hoe om 'n verhouding met jou tiener te bou, waardes vas te lê in die tiener se lewe, die tiener te dissiplineer met behulp van aanmoediging en om die konteks van die situasie waarin dissipline toegepas moet word te verstaan.
“Innocent way” (Reflections of Moral Innocence)
Onderwerpe soos reinheid by ouers, intimiteit in die huwelik en die ontering van die huweliksbed, morele verbeelding, indirekte metode van seksonderrig, ens, word bespreek.



