Die OPS-Kamer
Die OPS kamer word gebruik om gebedsondersteuning aan mense te gee. Enige gebedsversoeke sal hanteer word: versoeke vir siekte, ongelukke, werkloosheid, huweliksprobleme, gesinsprobleme, eksamens of onderhoude.
Die opskamer is in die Beradingsentrum geleë en word vanaf 08:00 tot 16:00 (weeksdae) beman.
Elke persoon kry 30 minute of langer om diens te doen. Enige persoon kan gebedsversoeke na die opskamer e-pos by bid@moreleta.co.za of pray@moreleta.co.za. SMS’e kan ook gestuur word na 076 351 8383.
Die persoon op diens in die OPS-kamer bid dan vir die versoek en laat die persoon per e-pos of sms weet dat daar vir hom/haar gebid word. Honderde gebedsversoeke van uiteenlopende aard is al ontvang vandat die projek begin is en dis werklik ‘n belewenis om daar diens te doen. Enige persoon wat wil bid, is welkom om 'n diensbeurt te kom doen. Oorweeg dit gerus om vir 30 min of langer per week 'n diensbeurt te neem.
Skakel Stella by 012 997 8068 of stuur 'n e-pos na stella@moreleta.co.za indien jy wil registeer.

