Vir die bemagtiging, ontwikkeling en toerusting van bedieninge, sodat hulle in staat sal wees om mense tot hul volle potensiaal en kapasiteit op te lei, toe te rus en te ontwikkel.
Ons visie is om dinamiese, praktiese en kultuur-aansprekende opleiding te vestig binne die plaaslike kerk, wat"lewe en leer" bymekaar sal bring op elke terrein en dimensie van God se Koninkryk.
Ons beskou uitnemende en toepaslike Bybelse toerusting van gelowiges binne die volle omvang van die funksie van die liggaam van Christus as baie belangrik.
Kernwaardes
Om dit te bereik bou ons op die volgende kernwaardes en glo ons dat hierdie waardes ononderhandelbaar binne die Toerusting- en opleidingsbediening is:
- Christus-gesentreerd
- Woord-gefundeerd
- Gemeente-gefokus
- Kwaliteits-getoets
- Ervarings-ontwerp
- Verhoudings-verbind
- Doelwit-gedrewe
- Dienaars-gelei
- Gebeds-deurweek
- Praktyk-gerig
Die Toerusting en Opleidingsbediening streef daarna om die volgende drie hooffunksies te vervul:
- Oprigting van nuwe bedienings - hierdie been sal nuwe bedienings bystaan in die proses om hulle self te vestig.
- Toerusting van bestaande bedienings - hierdie been sal bestaande bedienings help om hulle toerusting- en opleidingsbehoeftes te identifiseer en om geskikte programme te ontwikkel wat aan bepaalde kwaliteitstandaarde voldoen.
- Deurgaanse ondersteuning - hier sal die Toerustingsbediening ander bedienings bystaan met raad en daaglikse advies ten einde te verseker dat alle bedienings hulle doelwitte bereik.
In al drie hierdie bene sal gepoog word om die volgende te doen:
- Ontwikkel uitnemendheid
- Ontwikkel kapasiteit
- Bied ondersteuning
- Innoveer (binne nuwe en bestaande bedieninge)
- Beskerm standaarde
- Handhawing van die waardes van Moreletapark Gemeente
Die Toerustingsbediening het 'n Bedienings-toerustingspakket ontwikkel om bedienings in staat te stel om hulle self suksesvol te bestuur. Die volgende elemente vorm deel van hierdie pakket:
- Riglyne en 'n proses vir die oprigting van nuwe bedienings
- Stel van standaarde
- Doelwitstelling en evaluasie
- Struktuur
- Begroting
- Gemeente-identiteit en
- Toesig/Leierskap/Mentorskap/Versorging.
Kontak Anne 012 997 8089 / anne.loots@moreleta.co.za

