Sertifikaat in Basiese Berading
Geaffilieer by Noord-Wes Universiteit (Potchefstroom)
Wil jy berading doen maar voel nie bevoeg nie? Dan is die kursus vir jou!
Die doel van die sertifikaatkursus is
- Om Bybelse beraders toe te rus met 'n Bybelgefundeerde beradingsbasis. Van die modules sal erken word vir 'n graadkursus op 1ste-jaars vlak
- Om Bybelse beraders bevoeg te maak in beradingsvaardighede en die toepassing van beradingstegnieke.
- Om kursusgangers persoonlik en geestelik te laat ontwikkel en groei, ten einde toegerus te wees vir hulle onderskeie bedieninge
Toelatingsvereistes
'n Behoefte na geestelike groei en die ontwikkeling van Bybelse beradingsvaardighede en Bybelse beradingstegnieke.
Hoe lank duur die kursus
Die kursus is 'n 2 jaar voltydse kursus.
Die kursus word ook in die vorm van 'n korrespondensiekursus aangebied
Die Sertifikaat-plegtigheid vind plaasl in November/Desember.
Aanbiedingstaal
Die taal van aanbieding is Afrikaans, alhoewel van die voorgeskrewe literatuur in Engels kan wees.
Registrasie en fooie
R8 000 (R4 000) per jaar, maar word aangepas soos nodig). Lesingmateriaal, kontaksessies en ‘n naweekseminaar is hierby ingesluit
Die wyse van betaling word breedvoerig in die voorwaardes tot toelating in registrasievorm bespreek.
Studies kan as volg geskied:
Opsie 1:
Voltydse studie (Afrikaans)
Kontaksessies 1x per week
Opsie 2:
Korrespondensie (afstandsonderrig)
Kontaksessie gedurende Junie/Julie vakansie
Taal: Afrikaans/Engels
Alle klasse word by Moreletapark Gemeente aangebied
Navrae:
Alta 012 997 8035 / geo@moreleta.co.za
Marietjie du Toit: 082 673 5223 / mesitys@mweb.co.za


