ONTDEK-JOU-PLEK KURSUS
Kursus-inhoud
Styl: "Hoe sal ek dien?" God het elkeen van ons uniek geskape. Is jy mensgerig, of meer taakgerig? 'n Introvert of ekstrovert? Gestruktureerd of eerder ongestruktureerd? Jou styl druk jou unieke stempel op jou dienswerk af!
Gawes: Wat sal ek doen? Elke gelowige het minstens een gawe ontvang wat jou toerus en in staat stel om uitnemende diens in die liggaam van Christus te verrig. Ons help jou om jou gawes te ontdek en te verstaan waar dit inpas.
Roeping / Passie: Waar sal ek dien? Jou roeping, hart, droom. God se plan vir jou in sy kerk vorm deel van 'n begeerte wat Hy in jou hart sit, om 'n betekenisvolle verskil te maak binne 'n sinvolle bedieningsplek. Ons begelei jou op die avontuur van 'n leeftyd - die ontdekking van jou roeping in die gemeente.
Beskikbaarheid: Wanneer sal ek dien? Ons is elkeen binne 'n spesifieke seisoen van ons lewe, met 'n verskeidenheid van pligte en verantwoordelikhede. Diens in die liggaam moet egter deel uitmaak van ons prioriteite! Ons sal jou help om jou prioriteite in ag te neem, en so diens te lewer binne jou beskikbaarheid!
Geestelike volwassenheid: Hoe kan my ervarings ander help? Dis 'n Bybelse beginsel om volgens jou Geestelike volwassenheid te dien. Jy moenie nog "melk drink" as jy al vaste kos kan verteer nie! Ons gee aan jou raad om jou geestelike volwassenheid te evalueer en so volkome bruikbaar te wees binne die pad wat die Here met jou stap!
Kontak Anette 012 997 8002 / ojp@moreleta.co.za
Gawes
Gawes is spesiale vermoëns, uitgedeel deur die Heilige Gees aan elke gelowige volgens God se beplanning en ontwerp, uit genade alleen en tot algemene voordeel van die liggaam van Christus.
"Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal". 1 Kor 12:7
Weet jy wat jou gawes is? "En wat die gawes van die Gees betref, broers, wil ek hê dat julle ingelig moet wees". 1 Kor 12:1
Ken jy die verskil tussen... Kennis en Wysheid? Leierskap en Organisasie? Bemoediging en Barmhartigheid?
* Weet jy hoe om sekerheid en bevestiging van jou gawes te kry?
* Verstaan jy hoe en waar elkeen van hierdie gawes in die gemeente werk?
Ontdek jou gawes aanlyn by http://www.churchgrowth.org/cgi-cg/gifts.cgi
Roeping of Passie
Die Godgegewe begeerte wat jou aanspoor om 'n betekenisvolle verskil te maak in 'n sinvolle bediening...
Jer 20:9 "En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie, en nie meer in sy Naam praat nie, dan word dit in my soos 'n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie. Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie".
Jou roeping het te doen met jou hele lewenspad - selfs voor jou wedergeboorte. Vergelyk die verhaal van Paulus. Hy het sy opleiding en ervaring van voor sy bekering gebruik in sy passie vir die evangelie - sy fokus het egter verander, asook sy waardes en prioriteite!
Passie het nie noodwendig 'n "geestelike" aard (soos 'n sendeling of 'n predikant) nie, maar jy moet dit toets aan die kern: Hoe eer dit wat ek doen die Here, en bou sy Koninkryk en hoe dien dit mense en die gemeente?
Passie is energie wat jou aandryf vir God se doel. Passie is eenvoudig daar waar jy 'n verskil wil maak vir Jesus op aarde.


