WAT JY MOET WEET

Die Daniël Konferensie vir manne is om die draai, en as jy nog nie ingeskryf het nie raak jou tyd min! Kliek gerus hier of op die prentjie hieronder om als uit te vind oor registrasie, datums, pryse en sprekers. Hoop om jou daar te sien.

Die Paul Wilber Worship Konferensie is om die draai! Kliek hier om al die inligting eerstehands te kry...

NUUSBRIEF INSKRYWING

Hier kan jy inskryf op van ons e-pos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou e-pos adres en naam in, kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





SOEK

 

ONDERSTEUNINGSENTRUM - MORELETAPARK GEMEENTE

Waar die son van God se redding met genesing in sy strale oor elkeen skyn….”

 Maleagi 4:2  

 

Die Ondersteuningsentrum is ‘n plek waar die gemeenskap bedien word deur ‘n verskeidenheid Bybelse Ondersteuningsdienste. Die dienste word aangebied vanuit ‘n Christelike raamwerk en is op die Bybel gebaseer.

 

Die sentrum funksioneer as ‘n liefdesdiens aan die gemeenskap op ‘n nie-winsgewende basis. Opgeleide en goedgekeurde ondersteunings-konsultante is aan diens om enige persoon wat hulp nodig het, ondersteuning te gee. Ondersteuningskonsultante wat hulle dienste wil aanbied is welkom om die sentrum te kontak vir meer inligting.

 

Ons wil deur Christus se liefde mense in psigiese, geestelike en emosionele nood bystaan en so gesonde mense, gesinne en huwelike help vorm wat God sal verheerlik.

 

Ons wil ook 'n gemeenskapskerk en God se stem wees. Sodoende kom heel mense, huwelike en gesinne deur God se genade tot stand, in antwoord op Christus se roepstem.

 

Die sentrum kan tussen 08:00-16:00 geskakel word om afsprake te maak.

 

Kontakpersoon: Alta Georghiou  [t] 012 997 8000 [f] 086 677 8888 / bbs@moreleta.co.za

 

Ondersteuningsdienste wat verskaf word sluit die volgende in: 

 

Ondersteuningsdienste

· Algemene ondersteuning

 

· Bevryding

 

· DID / Persoonlikheidsversteuring

 

· Emosionele ondersteuning

 

· Huweliksberading

 

· Innerlike genesing

 

· Ondersteuning vir kinders

 

· Musiek- en Kunsbediening

 

· Spelterapie

 

· Tourette sindroom

 

· Trauma intervensie

 

 

Maatskaplike Dienste (CMR)

· Aborsie ondersteuning

 

· Alimentasie

 

· Egskeidingsbegeleiding

 

· Enkelskap

 

· Hersaamgestelde gesinne

 

· Huweliksvoorbereiding

 

· Kinderassesering

 

· Ongehude moeders

 

· Ouerleiding

 

· Pleegsorgkeurings

 

· Statutêre Kinderhofaansoeke

 

 

Ondersteuningsgroepe

· Aksie afstand (vir geskeide pa's)

 

· H2O (Homosexuality 2 overcome)

 

· Helpersbediening vir gestremdes

 

· Infertiliteitsbediening

 

· Ondersteuners vir ouers met hidrokefalus kinders

 

· Ondersteuningsgroep vir depressielyers

 

· Ondersteuningsgroep vir MIV/vigslyers

 

· Voorbidding vir ondersteuners

 

 

Ander Dienste

· Finansiële dienste

 

· Mediese kliniek

 

· Regsaanspreeklikheid

 

· Regsdienste

 

 

Opleiding

· 2 jaar sertifikaat kursus in Berading

 

· Kort kursusse in Bevryding, Trauma-ontlonting

  en Theophostics