Hierdie blad adverteer ander bedieninge se behoeftes aan hulp, vrywilligers en bystand. Omgeegroepe word aangemoedig om betrokke te raak om sodoende ’n verskil te maak.
Die “Ops”-kamer
Die opskamer is ‘n nuwe gebedskamerby dieRubensteinsentrum. Almal (kollegas, familie, vriende, bure en werkers) is welkom om gebedsversoeke per sms of e-pos in te stuur. Daar word vir elke versoek gebid en ’n bemoedigingsboodskap, word aan die versoeker teruggestuur. Versoeke kan gerig word na sms nommer: 076 351 8383 of per e-pos bid@moreleta.co.za / pray@moreleta.co.za.
Die kamer word van 08:00 – 16:00 op weeksdae beman deur personeel en vrywilligers.
Hoe kan ons as omgeegroep betrokke raak?
Die ure word in 30 minute beurte ingedeel. Geen opleiding is nodig nie en berading word nie gedoen nie. Bring ’n halfuur of meer by die Here deur en bid vir ander.
Daar word nog heelwat vrywilligers benodig om op ‘n weeklikse basis die opskamer te beman. Kontak Stella by 012 997 8068 of Elna by elna@moreleta.co.za om ‘n beurt te bespreek.
Die Huisbediening
Wat doen Die Huisbediening?
Die Huisbediening maak oproepe na mense in die gemeente wat, volgens die kerk se rekords, nie aan omgeegroepe behoort nie. Oproepe word die 1ste Woensdag van elke maand gedoen tussen 18:30 tot 20:00. Hierdie gemeentelede word genader om hul inligting, soos dit op die kerk se rekords verskyn op te dateer, bevestiging van enige betrokkenheid by die gemeente, en verneem van enige gebedsversoeke.
Diegemeentelede wat al gekontakis hetgroot waardering getoon vir hierdie spesifieke oproep, deurdat daar op die regte oomblik geskakel word wanneer die persoon dit die nodigste gehad het.
Hoe kan ons as omgeegroep betrokke raak?
Die Huisbediening benodig vrywilligers om welwillendheids oproepe te maak na hierdie gemeentelede. Hierdie oproep is meer male die enigste kontak met ’n persoon by die kerk.
Raak betrokke, maak ’n oproep en kontak vir Denise by 083 659 2079 of e-pos denise@jire.co.za.

