WAT JY MOET WEET

Die Daniël Konferensie vir manne is om die draai, en as jy nog nie ingeskryf het nie raak jou tyd min! Kliek gerus hier of op die prentjie hieronder om als uit te vind oor registrasie, datums, pryse en sprekers. Hoop om jou daar te sien.

Die Paul Wilber Worship Konferensie is om die draai! Kliek hier om al die inligting eerstehands te kry...

NUUSBRIEF INSKRYWING

Hier kan jy inskryf op van ons e-pos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou e-pos adres en naam in, kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





SOEK

Wat is 'n omgee-gemeente?

Gemeentelede word in kleiner groepies gemobiliseer. Soos met die eerste gemeente in Hand 2, raak elke gemeentelid aktief betrokke by mekaar, by die groter visie van die gemeente en die uitdra van God se Woord na die wêreld. Dit bied geleentheid vir geestelike groei en om medegelowiges te bedien en geestelik te versorg.

Wat gebeur in 'n omgeegroep?

Lering/Bybelstudie word aan die hand van ‘n studietema gedoen wat inpas by preektemas van die gemeente vir daardie maand. Groeplede kry die geleentheid om onderwerpe en vrae intensief te bespreek. Dit is nie in ‘n gewone erediens moontlik nie.

Groeplede bid vir mekaar en bedien mekaar deur hulle onderskeie gawes. Individue leer om as werktuie van die Here die liefde van Christus aan medegelowiges te demonstreer. Omgeegroeplede reik ook uit na buite en identifiseer 'n projek waarby hulle betrokke wil raak.

Hoe word 'n omgeegroep bedryf?

‘n Tipiese omgeegroep bestaan uit 5 tot 7 gesinne, of ongeveer dieselfde getal enkellopendes. ‘n Omgeegroepleier neem verantwoordelikheid vir die funksionering van die groep.

Elke leier deurloop eers ‘n opleidingskursus waar die nodige leiding in die hantering van groepe verskaf word. Daarna word die leier dan amptelik aan die gemeente voorgestel, soos wat die geval met ‘n tradisionele ouderling sou wees. 

Die omgeegroep vergader een keer per week op ‘n tyd wat die groep die beste pas. Op die oomblik het die gemeente ook kinder-omgeegroepe (Graad 1-5) en jeug-omgeegroepe (Graad 6-12). Groepe vir werkende jong mense en studente word ook gevorm.

Lesmateriaal

Die temas van lesse wat in omgeegroepe hanteer word, word deur die kerk se leiers vir die komende jaar identifiseer. Lidmate help met die uitwerk van lesmateriaal waarna dit in hulle omgeegroepe getoets word, voordat dit na die leraars deurgegee word vir goedkeuring. 

Leiersbyeenkoms

Sondae vergader die omgeegroepleiers onder leiding van die omgeegroepleraar ds Dirkie van der Spuy, om die lesinhoud vir die komende week te bespreek. Die leiers ontvang hier model-antwoorde vir die les van die komende week.