Ek wou nog altyd my getuienis gee oor die awesome antwoord wat ek van ons Vader gekry het.
Ek en my man was altyd godsdienstige mense, het kerk toe gegaan, kinders gedoop, ens ens.
Dit is nou amper 3 jaar wat ons ons hele lewe vir Jesus gegee het.
Net na ek my lewe vir Jesus gegee het, het ons huwelik versterk en het ongelooflike dinge met ons gebeur, maar die hele tyd het ek myself afgevra, maar hoe bring ek mense na Jesus toe. Ek ken nie die Bybel uit my kop uit nie… En sê nou iemand sê ek moet dit bewys, jy weet al die ou vrese wat by enige nuwe hergebore kind van Jesus opkom.
Click to read more ...