
Die Kunstebediening van Moreletapark Gemeente omvat ’n wye spektrum van bedieninge wat musiek, drama, danse, multimedia, tegniese- en gebedsondersteuning insluit.
Lees meer oor: Musiek | Drama |Dans
Ons Visie is intimiteit met God
In Hand 15:16 lees ons dat God in die laaste dae die tabernakel van Dawid weer gaan oprig. Een van die grootste kenmerke van Dawid se tabernakel was intimiteit met God. God roep ons vandag tot ’n dieper vlak van intimiteit met Hom. Die hoofdoelstelling van al die bene binne die kunstebediening is om te groei in ons intimiteit met God.
Vanuit hierdie plek van intimiteit met ons Koning, vloei daar strome van vreugde, genesing, diensbaarheid en liefde. Ons begeerte is om deur die kunste hierdie waarheid uit te beeld en daagliks daarin te groei. So kan mense aangeraak word met sy liefde.
Musiek
Musiek is ’n instument wat God in ons hand gegee het om ons te help. Dit dra ook daartoe by om op ’n kleurryke en skeppende wyse lof, aanbidding en gebed aan God te bring. Zamar, 'n Hebreeuse woord word vertaal as “Lof aan God”. Dit impliseer dat God verheerlik word deur op ’n musiekinstrument te speel, met 'n kombinasie van instrumentale musiek en stemme daarby.
Hierdie konsep speel ’n sentrale rol in die Kunstebediening. Op hierdie manier, soos ons Sy hart bedien tydens lof en aanbidding, maak ons ons harte ook teenoor Hom oop. So word ons verander en ingetrek tot ‘n dieper verhouding met Jesus.
Dans (Kristi's studio)
Hierdie bedieningsveld is daarop gerig om lidmate toe te rus om hul plek in hierdie bediening in die kerk te verstaan en om ‘n vervulde lewe te kan hê.
Dis ‘n danskursus met ‘n verskil, omdat dit Bybelstudie insluit. Die Bybel (as handboek) voorsien die ruggraat waarom aanbidding, en meer spesifiek die aanbiddingsdans, draai. Dans is maar net een van die vele maniere om uiting te gee om God te aanbid. Enige aanbidder het eerstens nodig om die beginsels rondom aanbidding te verstaan. Daarom word die pad deur die Bybel geloop, sodat jy kan weet hoekom, en wat jy dans.
Die Here het aanvanklik ‘n besonderse verlossingsplan met Israel gehad, wat later uitgekring het om die ganse mensdom in te sluit. Hierdie unieke plan het Hy nie net sommer so openbaar nie – die mens sou dit nie op een slag alles begryp nie – dit is te groot. Die Here het dit in ‘n kalenderjaar geleidelik laat ontplooi deur simbole te gebruik, soos bv die Bybelse feeste.
Hierdie kursus loop dieselfde pad. Daar word oor 4 kwartale meer en meer uitgebrei op hierdie Verlossingsplan.
Dit begin by die Paasfees en dit wat Jesus kom doen het. Dan word dit voortgesit tydens die Pinksterfees en die Heilige Gees en kom die aanbiddingsdans uiteindelik tot sy volle glorie met die Loofhuttefees (Fees van Tabernakels) en die Vader op die Troon. Dit sluit ook onderwerpe in soos oa die Tabernakel van Moses, die ampte van Koning, Priester en Profeet, die watchman, die Psalms en so meer.
In die laaste kwartaal word gefokus op jou plek as die bruid van God, as gesalfde, en hoe jy die seer in jou lewe kan verwerk. Dit kan jou bedieningsveld te word.
As die Kunstebediening is ons aktief betrokke binne ons eie gemeentekonteks, sowel as na buite by ander gemeentes op nasionale vlak


