Begeleidingsprogramme:
Ouers met kleuters (0 – 6jr)
Die aanbieding word gedoen deur professionele persone van die Ondersteuningsentrum - (maatskaplike werkers en sielkundiges).
Ouerskap is een van die belangrikste take wat aan ons as ouers opgelê is. Tog voel baie ouers dat hulle nie voldoende voorbereid is op hulle kinders se ontwikkelingsfases nie. Met hierdie opleiding word daar gepoog om vanuit ‘n Bybelgefundeerde perspektief, ouers op ‘n praktiese wyse toe te rus om hul kleuters en hul ontwikkeling beter te verstaan.
|
Groep 1 |
Mrt – Apr |
8 groepsessies 1 x per week |
|
Groep 2 |
Sep – Okt |
8 groepsessies 1 x per week |
Egskeiding-begeleidingsprogram vir kinders
Word aangebied deur spelterapeute van die Spelterapie-bediening verbonde aan die Ondersteuningsentrum van die gemeente.
Die doel is om kinders wat geraak word deur egskeiding, in groepsverband te bemagtig. Hulle word toegerus om elkeen sy eie unieke situasie beter te hanteer en te aanvaar.
Datums van groepe:
Teikengroep:
Kinders 4-6 jr; Middel kinderjare 7-12 jr
Kontak:
Alta Georghio 012 997 8035 of bbs@moreleta.co.za
Nicolette Pretorius (012) 9978055 of cmr@moreleta.co.za


