Wat is die kerk se storie?
Monday, September 14, 2009 at 12:18AM Geskryf deur
Mynhardt van Pletsen Deesdae dink ek baie oor die storie wat ons as die kerk in die bree vir die wereld vertel.
Hoe klink daardie storie, waaroor gaan dit, en wat is die punt van die storie?
As ek my ore kan glo, dan klink ons storie deesdae min of meer soos volg:
* Jy is skuldig;
* Jy het niks aspris gedoen om skuldig te wees nie, jy is skuldig gebore;
* Jy kan nie jou onskuld bewys of enigiets doen om te boet vir jou skuld nie;
* Jou straf is dat jy moet doodgaan;
* Maar, Jesus het gesterf in jou plek;
* As jy dit glo, dan hoef jy nie meer hel toe te gaan nie,
* Alhoewel jy nog steeds gaan doodgaan;
* Kan jy darem nou ten minste hemel toe gaan.
Verskoon my effe gedramatiseerde stellings, maar hierdie kort opsomming is wat ek deesdae so baie optel by koorsagtig evangelistiese kerkgangers reg oor ons stad en land.
En hoe meer koorsagtig, hoe meer gedramatiseerd.






