GPS vir Nuwe Lidmate-kursus
… jou eerste tree van toerusting in die Moreletapark Gemeente
By hierdie kursus hoor jy hoe ons gemeente funksioneer, wie jy kan kontak vir navrae en hoe om by 'n omgeegroep in te skakel.
Die kursus spreek ook jou Geestelike Groeipad tot volwaardige lidmaat in die Kerk van Jesus Christus aan, met temas soos Geloofsekerheid, Vergifnis, Bemagtiging, Betrokkenheid, Groei en Gebed.
Die gratis kursus strek oor 5 weke en daar word elke kwartaal 'n kursus aangebied. Dit vind gewoonlik Dinsdagaande plaas vanaf 19:00 - 21:00 tensy anders vermeld. Kies enige 5 weke waar jy so gou as moontlik kan inskakel.
Ons hoop en glo dat hierdie kursus vir jou tot seën sal wees, jou vinnig sal laat tuis voel en 'n nuwe rigting sal aandui in jou geestelike vernuwing en in jou pad saam met die Gemeente van Christus.
Terugvoer van persone wat die mees onlangse GPS-kursus deurloop het:
...Wegwyser na die waarheid en lewe in Christus
...Fantasties, ‘n absolute MOET
...Saamgroei met medelidmate laat jou toe om jouself beter te leer ken. Christus se liefde loop soos ‘n goue draad deur hierdie kursus.
...Dit het weereens my geloof in Jesus bevestig.
...‘n Moet vir geestelike groei!
...“Wow”!! God werk op wonderlike maniere. Wonderlike kursus om ‘n Groot God saam met ‘n groot gemeente te dien.
...Word aanbeveel vir alle gemeentelede wat dit nog nie gedoen het nie, selfs ou lidmate.
...Ek voel asof ek deel geword het van ‘n familie, dis lekker omdat ons nuut is in Pretoria.
...‘n Vars lentebries!
...GPS loop oor van God se liefde en genade
...Dit was wonderlik om inligting te verwag en geestelike groei te beleef!
Navrae en inskrywings: Louwrensa 012 997 8025 of louwrensa@moreleta.co.za

