Goue Kruik
Is ‘n bediening uitsluitlik vir ons ouer lidmate.Ons wil ons Senior Burgers se geestelike lewe verryk deur geestelike reekse aan te bied op tye wat die seniors pas.
Vroeg in Januarie word ‘n Week van Gebed, spesiaal om 10:00 vir hulle aangebied. Daarna volg die Hemelvaartdiens en dan die Pinksterdienste wat ook in die oggende aangebied word.
Ds Sarel Visser, die geestelike leier vir die bediening, neem verantwoordelikheid vir die dienste. Daar is ook senior omgeegroepe waar hulle met medegelowiges van hul eie ouderdom en belangstellingsveld die Here kan dien. Ds Sarel besoek die omgeegroepe op aanvraag.
Die Siekesorg- en Bemoedigingspan besoek die seniors wat in krisis verkeer. Daar word ook maandeliks byeenkomste gehou, of uitstappies na interessante plekke en geleenthede gereël.
Kontakpersone
Gertie Kuhn 012 997 1444 of 083 502 1037/ gertiekuhn@xsinet.co.za
Marlene Jordaan 012 9978062 / marlene.jordaan@moreleta.co.za


