GESINSBEDIENING | ALGEMEEN & KAMPE
Wat doen ons by die Gesinsbediening?
Ons wil jou graag help om jou gesin te bou op God se fondament. Hierdeur glo ons word elke gesin 'n oase wat God se karakter aan die wêreld openbaar.
Ons bied Bybels-gefundeerde ouerleidingprogramme aan wat praktiese raad en inligting oor die opvoeding van hul kinders aan ouers deurgee.
Gesinskampe: Die Familiegewoontes-kursus is ‘n praktiese manier hoe kinders en ouers mekaar help om te glo.
Gedurende die naweekkamp word gesinne bekend gestel aan die 8 FAMILIEGEWOONTES, deur dit op praktiese maniere in te oefen en te leer hoe families dit kan integreer in hulle alledaagse lewens.Die gewoontes is:
- Ons vertel stories – Ons kyk na die familie se verhaal en help mekaar om die uniekheid daarvan te ontdek.
- Ons waardeer mekaar – Ons wys vir mekaar hoe spesiaal elkeen is, groei nader na mekaar en aan God.
- Ons droom – Ons help die familie om uit te vind watter soort familie hulle wil wees.
- Ons maak tyd vir mekaar – Ons help die familie om hulle lewe in te rig aan die hand van hulle geloofsprioriteite.
- Ons versier ons huis met simbole – Ons help mekaar om simbole te maak wat reg deur die jaar ons geloof in stand hou.
- Ons vier fees – Ons ontwikkel familiefeeste om ons geloof te vier.
- Ons ontmoet God – Ons ontdek nuwe kante van geloof en van die werklikheid as mense van verskillende ouderdomme saam stil raak voor God.
- Ons help mense in nood – ons moedig families aan om as familie by mense in nood betrokke te raak.
GESINSKAMPE
'n Gesinskamp-naweek is baie spesiaal en ‘n ervaring wat jy en jou gesin waarskynlik nog nooit beleef het nie. Bring ‘n positiewe gesindheid en ‘n oop gemoed saam en kom geniet 'n wonderlike naweek met die gesin in die natuur.
Navrae (kursusse): Callie 083 417 6942 of Sanet 083 274 9891
Navrae (kampe): Kobie 083 375 5252


