
OOR ONS GEMEENTE...
God is deur die eeue heen op reis met mense. Die Bybel vertel van God se omgee en betrokkenheid by mense. Hy is met elkeen van ons op pad.
Vir ons as gemeente het Hy ook ‘n unieke reisplan. Kom ons gaan saam op reis! Leef naby die Vader! Stap in Jesus se voetspore, luister na die stem van die Heilige Gees. Op pad gaan jy reisigers ontmoet wat jou kan liefhê en vir wie jy ook iets kan beteken. Bou ook só verhoudings met hulle vanuit jou verhouding met God. Wees gehoorsaam aan die Woord en dien mekaar in liefde. Wees soos Jesus, gee om vir mense en neem iemand saam op reis.
Moreletapark Gemeente – Waardes
- Verhoudings
- Respek
- Lojaliteit
- Openheid
- Onbevooroordeeld
- Eenheid te midde van verskeidenheid
- Diensbaarheid
- Bereid en beskikbaar
- Volgens gawes
- Nederigheid
- Geestelike groei
- Gehoorsaamheid
- Vas op Woord
- Geesvervuld
- Eties en met integriteit
- Volhard in gebed
Ons droom (visie)
Ons droom dat elkeen ’n volgeling van Jesus sal wees, wat volgelinge van Jesus sal maak.
Ons reis (missie)
- Wees soos Jesus is
- Doen wat Jesus doen
- Neem mense saam op reis
Rigtingwysers (waardes)
- Verhoudings
- Diensbaarheid
- Gehoorsaamheid
Vertrekpunt
- Skrifgetrou
- Geesvervuld
- Gebed

