WAT JY MOET WEET

Die Daniël Konferensie vir manne is om die draai, en as jy nog nie ingeskryf het nie raak jou tyd min! Kliek gerus hier of op die prentjie hieronder om als uit te vind oor registrasie, datums, pryse en sprekers. Hoop om jou daar te sien.

Die Paul Wilber Worship Konferensie is om die draai! Kliek hier om al die inligting eerstehands te kry...

PLAAS 'N GEBEDSVERSOEK
This form does not yet contain any fields.
    NUUSBRIEF INSKRYWING

    Hier kan jy inskryf op van ons e-pos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou e-pos adres en naam in, kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





    SOEK

     

    VISIE

    Die Gebedsbediening wil God verheerlik deur die vestiging van ‘n gebedskultuur in die gemeente. Jes 56:7 …want my tempel sal uitgeroep word tot ‘n huis van gebed vir al die volke.

    Doelwitte

    • Vestiging van 24/7-uur gebed
    • Betrokkenheid van kommissies/bedieninge en omgeegroepe by gebed en inskakeling by gebedskamers en 24/7 uur gebed.
    • Oprig van ‘n Worship Watch.
    • Gebedsondersteuning vir elke leier (leraar, kerkraadslid, voogleiers, omgeegroepleiers, bedieningsvoorsitters, gebedskoördineerders, ens) en bediening.
    • Gebedstoerusting (opleiding, daarstelling van infrastruktuur, koördinering, ens)
    • Om Koninkryksgerig te bid vir die gemeente, stad, land en wêreld.
    • Oprigting van 24/7 gebedsondersteuningsdienste vir polisie en nooddienste. 

    Registreer jou gebedsgroep:

    Ons doel is om alle gebedsgroepe in Suid-Afrika sover moontlik deur middel van een register te koördineer.

    E-pos: turntoGod@moreleta.co.za / turn2God@moreleta.co.za

    Navrae: Stella Keyter 012 997 8068 (soggens) of gbw@moreleta.co.za

    Besoek ook turn2god.co.za