EEIII Evangelisasie-kursus
Wees gehoorsaam aan die opdrag om te getuig!
EEIII is ‘n evangelisasiekursus wat in diepte, teoretiese en praktiese opleiding aan leerlinge verskaf om hulle te help om meer vrymoedig en effektief te getuig. Hierdie kursus dra ook natuurlik by tot geweldige geestelike groei vir elkeen wat dit deurloop. Dit is ‘n kursus wat ten sterkste aanbeveel word.
Die EEIII kursus bestaan uit 4 vlakke wat opmekaar volg.
Vlak I se doelwit is om leerlinge in staat te stel om ‘n getuienisgesprek te voer en om ‘n persoon tot oorgawe te lei. Dit bestaan uit ‘n teoretiese lesing waarna elke leerling onder die bekwame leiding van ‘n spanleier praktiese ondervinding opdoen tydens uitreike.
Vlak II dien as versterking van Vlak I en het ook ten doel om spanleiers op te lei.
In Vlakke III en IV word spesifieke geestelike onderwerpe behandel en gassprekers spreek ook hierdie groepe toe.
Wil jy leer hoe om te getuig?
Die EEIII kursus gaan jou in diepte toerus deur middel van teoretiese lesings sowel as praktiese uitreike onder leiding van ‘n ervare spanleier.
EEIII – Kursusse (aangebied deur Evangelisasie-bediening)
Die kursus word 1 x per week aangebied en duur 16 weke (nie gedurende skoolvakansies). Kursusgangers kan kies of hulle die Wo-oggend of Ma-aand kursus wil bywoon.
Navrae: Amanda Coertzen by 012 997 8040 (08:00-13:00) of amanda.coertzen@moreleta.co.za


