WAT JY MOET WEET

Die Daniël Konferensie vir manne is om die draai, en as jy nog nie ingeskryf het nie raak jou tyd min! Kliek gerus hier of op die prentjie hieronder om als uit te vind oor registrasie, datums, pryse en sprekers. Hoop om jou daar te sien.

Die Paul Wilber Worship Konferensie is om die draai! Kliek hier om al die inligting eerstehands te kry...

NUUSBRIEF INSKRYWING

Hier kan jy inskryf op van ons e-pos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou e-pos adres en naam in, kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





SOEK

 

 

Doel van Omgeegroepe

 

· Dit verskaf die raamwerk waarbinne die lede mekaar kan bedien en waar hulle kan groei.

 

· Dit is die ruimte waar geloofsekerheid gevind kan word en ons toegrus kan word om uit te reik na ander wat nog nie ’n ontmoeting met Christus gehad het nie – ministry and mission.

 

· Dit is die plek waar ons mekaar ontmoet, bedien en ander lede intrek. So vind groei en ook mettertyd, vermenigvuldiging plaas - meaning and multiplication.

 

· Die liefde van Christus word sigbaar wanneer lede vir mekaar sorg, mooi verhoudinge het, tyd saam spandeer, mekaar dien en uiteindelik ook geestelik groei.

 

· Omgeegroepe is die plek waar lede mekaar se laste kan dra, help met moeilike besluite en hartseer.

 

· Dit is die oefenruimte vir geestelike lewe en groei. Lede leer die Bybel beter verstaan, begin om die Woord met ander te deel en dit help baie mense om geestelike volwassenheid te bereik.

 

· Omgeegroepe vorm ook die basis vir intersessie waar lede ernstig vir mekaar en ander kan intree in gebed.

 

· Projekte fokus op hulp en uitreikaksies. Lede help met ’n verskeidenheid aksies soos voorsiening van kos en die verspreiding van geestelike lektuur.

 

· Een van die belangrike doelwitte van die Omgeegroep is die ontvriesing van die gawes van lede sodat hulle die gawes van leiding, wysheid, barmhartigheid, kennis en professie kan uitleef.

 

Die 10 Grondpilare (“10 G’s”)

Geloofsekerheid

Elke lidmaat is 100% seker dat hy uit genade gered, vergewe en oppad hemel toe is.

Getuig

Elke lidmaat getuig onbeskaamd en openlik in die krag van die Heilige Gees.

Groei

Lidmate staan nie geestelik stil nie en bly nie geestelike babas nie, maar groei met ywer tot volwassenheid deur hul stiltetyd en betrokkenheid by die kerk.

Groepe

Lidmate kan nie los van die liggaam van Christus funksioneer nie en skakel daarom in by ’n omgeegroep waar hulle vir mekaar omgee.

Gawes

Lidmate dien mekaar met hulle gawes.

Gebed

Lidmate is getroue intersessors en bid volhardend vir die uitbou van God se Koninkryk.

Gehoorsaam

Lidmate is bereid om hulle kruis op te neem, God bo alles te gehoorsaam en Hom te volg sodat hulle heilig en vrugbaar sal lewe.

Genade

Lidmate betoon deur barmhartigheid genade aan minderbevoorregtes en ook deur die sosiale opheffing van mense in nood.

Gaan

Lidmate reik buite hul gemaksgroef uit na ander deur die Evangelie na hulle toe uit te dra.

Gee

Lidmate gee geld vir die bou van God se Koninkryk, deur oorvloedig en volgens die riglyn van die 10de te gee.