WAT JY MOET WEET

Die Daniël Konferensie vir manne is om die draai, en as jy nog nie ingeskryf het nie raak jou tyd min! Kliek gerus hier of op die prentjie hieronder om als uit te vind oor registrasie, datums, pryse en sprekers. Hoop om jou daar te sien.

Die Paul Wilber Worship Konferensie is om die draai! Kliek hier om al die inligting eerstehands te kry...

NUUSBRIEF INSKRYWING

Hier kan jy inskryf op van ons e-pos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou e-pos adres en naam in, kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!





SOEK

Christelike Maatskaplike Raad

“Ek was honger en julle het vir my iets gegee om te eet; Ek was dors en julle het my iets gegee om te drink, Ek was ‘n vreemdeling en julle het my gehuisves; Ek was sonder klere en julle het vir my klere gegee, siek en julle het my verpleeg; in die tronk en julle het my besoek”.  Matt 25:35-36 

 

Die CMR-Moreletapark streef na dienslewering aan elke individu, gesin of gemeenskap wat spreek van God se liefde in aksie!

 

Opgeleide, geregistreerde maatskaplike werkers lewer hierdie diens vanuit die Christelike raamwerk as fondasie. Ons erken die uniekheid en potensiaal van elke mens, en staan gesinne en individue by om in oorwinning te kanleef.

 

In samewerking met die Geestelike en Emosionele Ondersteuningsentrum, word die volgende dienste gelewer:

 

Terapeutiese Dienste:

 

Ondersteuning tov verhoudingsprobleme:


  • Individue
  • Egpare
  • Gesinne
  • Huweliksberading
  • Egskeidingsberading
  • Trauma-ontlonting
  • Trauma-ondersteuning
  • Infertiliteitsberading
  • Tienerswangerskappe
  • Kliniese kinder-assessering (RP-model)
  • Spelterapie
  • Rouberaad

Opleiding:

  • Huweliksvoorbereiding;
  • Trauma-ontlonting;
  • Vrywilligers;
  • Veiligheids- en pleegouers

Statutêredienste (Hofwerk):


  • Kinderhof-ondersoeke (Wet 96 van 1996)
  • Rehabilitasie (Wet 20 van 1992)
  • Veiligheidsouerkeurings
  • Pleegouerkeurings
  • Stiefouer-aannemingsondersoeke
  • Toesig en beheer

Finansiële en materiële noodleniging: 

  • Alimentasie ondersoeke en werkloosheid

Groepwerk:


  • Egskeidingsbegeleidingsgroepe
  • Volwassenes
  • Voorskoolse- en laerskoolkinders
  • Werkloosheid-ondersteuningsgroepe
  • Ouerleidinggroepe
  • Infertiliteit-ondersteuningsgroepe
  • Substansafhanklikheidsgroepe
  • Depressiegroepe

Begeleidingsprogramme: 

 

Ouers met kleuters (0 – 6jr)

Die aanbieding word gedoen deur professionele persone van die Ondersteuningsentrum - (maatskaplike werkers en sielkundiges).

 

Ouerskap is een van die belangrikste take wat aan ons as ouers opgelê is. Tog voel baie ouers dat hulle nie voldoende voorbereid is op hulle kinders se ontwikkelingsfases nie. Met hierdie opleiding word daar gepoog om vanuit ‘n Bybelgefundeerde perspektief, ouers op ‘n praktiese wyse toe te rus om hul kleuters en hul ontwikkeling beter te verstaan. 

 

Egskeiding-begeleidingsprogram vir kinders:

Deur spelterapeute van die Spelterapie-bediening verbonde aan die Ondersteuningsentrum van die gemeente.

Die doel is om kinders wat geraak word deur egskeiding, in groepsverband te bemagtig. Hulle word toegerus om elkeen sy eie unieke situasie beter te hanteer en te aanvaar.

 

Datums van groepe: 

 

Groep 1

Mrt – Apr

8 groepsessies 1 x per week

Groep 2

Sep – Okt

8 groepsessies 1 x per week

 

Teikengroep:

Kinders 4-6 jr; Middel kinderjare 7-12 jr

 

Kontak:

 

Alta van der Westhuizen 012 997 8035 / bbs@moreleta.co.za

Nicolette Pretorius 012 9978055 / cmr@moreleta.co.za

 

 

Lewensopvatting van Christen Maatskaplike Werkers:


 

 

Ons glo in God die Vader, sy Seun Jesus Christus en die Heilige Gees. Ons erken die gesag van die Bybel as die woord van God. Al ons berading en hulpverlening is Christelik gefundeerd en op die Bybel geskoei. Ons beskou geestelike groei en ‘n verhouding met God as die mens se belangrikste lewensprioriteit.