WAT JY MOET WEET

NUUSBRIEF INSKRYWING

Hier kan jy inskryf op van ons epos nuusbriewe. Kies watter nuusbriewe jy wil ontvang, tik jou epos adres en naam, en kyk uit vir die nuutste nuus, gebeure en ekstras. Gratis en verniet!






Nuusbriewe
Gemeente Nuusbrief
Gap Nuusbrief
Manne Nuusbrief
Gebed Nuusbrief

LEES ONS BLOGS

Bly gerus ingeskakel op al ons blogs vir die nuutste oor die bouprojek, dit wat die behels om iemand raak te leef, raaiskote van hoe die kerk van die toekoms daar gaan uitsien, en die nuutste Christelike media. Jy kan ook inskryf op hierdie blogs, of dit sommer net op die webblad lees. Geniet!

SOEK

Sak en pak by Woodlands 

Ons het al behoorlik nes geskrop hier by Woodlands en al die personeel en leraars is nou onder een dak en ingeburger! 

Daar word nog hier en daar aan die admin-gebou gewerk – net ‘n paar laaste goedjies wat nog opgeknap en afgehandel moet word (teen middel Februarie 2010), maar ons vertrou die werkery gaan binnekort klaar wees. 

Hiermee sluit ons dan nou ook die boublog af.   

Lees hieronder oor die inwyding en loer gerus na die foto’s van die inwydingsfunksie op Saterdag 16 Januarie 2010. 

Dit was lekker om julle op hoogte te hou van die bouery! Mag jy ‘n besonderse geseënde jaar verder hê en mag die Here jou lei in alles wat jy aanpak! 

Groetnis 

Diana 

Vir enige navrae oor die nuwe fasiliteite, kontak Diana Rabie by pr@moreleta.co.za of tel.nr: +27 (0)12 997 8018.

Thursday
18Feb2010

Wat gebeur in die nuwe geboue?

Die nuwe infrastruktuur maak dit vir die gemeente moontlik om ‘n groter impak op die nood in die gemeenskap en res van die land te maak.

Daar is meer plek om opleiding aan lidmate, mense van die gemeenskap en ander gemeentes te bied en meer opleidings- en omgeegroepmateriaal kan versprei word.  Ons mikpunt is om al hoe meer gemeenskap-gefokus te raak en om oor die langer termyn in staat te wees om meer finansies na buite aan te wend.

Die nuwe geboue bestaan uit ‘n admin-gebou waarvandaan al 160 personeellede en leraars nou werk. Die Ondersteuningsentrum, ook in hierdie gebou, bedien die gemeenskap gratis deur verskeie soorte berading. Daar is nou plek vir meer beraders om die groeiende aanvraag na berading te hanteer. Daar is ook verskeie ondersteuningsgroepe waaronder ‘n groep vir substansafhanklikes en depressielyers. Al 55 beraders en 4 maatskaplike werkers werk daarvandaan.

Click to read more ...

Thursday
18Feb2010

Strome van seën met die inwyding

Op Saterdag 16 en Sondag 17 Januarie het ons die splinternuwe geboue by Woodlands ingewy.

Vandat die gemeente die nuwe sentrum by Woodlands beplan het, was die ideaal om op die ou end al die fasiliteite en personeellede op die Woodlands-kampus te sentraliseer.  Die gemeente se groei het veroorsaak dat daar net nie verder op die Rubenstein-kampus uitgebrei kon word nie.

Click to read more ...

Friday
27Nov2009

Een van die dae trek ons!

Dis nou so amper, amper of die gebou is klaar!  Splinternuut, funksioneel en pragtig! Die bouers werk dat die biesies bewe om die laaste paar afrondings te doen.  Daar is nog heelwat werk aan die tegniese ateljees, maar dit sal vroeg in die nuwe jaar klaargemaak word.

Die Fasiliteitespan het al begin rakke en meubels oortrek en hier en daar is al ‘n kaal muur in die Rubenstein-gebou.

Die personeel wat nog teen middel-Desember werk sal al hul kantore en werkstasies kan inrig wanneer die 'Groot Trek' begin.

Kyk hier hoe lyk dinge nou al binne-in die gebou. Die foto’s is middel November geneem.  Ons plaas binnekort meer.

Friday
02Oct2009

Hulle bou dat die stof so staan!

Ek het weer by Thomas Joubert, die konstruksiebestuurder, gaan inloer om te kyk hoe vorder dinge.  Thomas vertel hulle het verlede week (die tweede laaste week van September) die laaste groot stuk beton gegooi wat die loopgang tussen die bestaande en nuwe gebou vorm.  Die boekwinkel gaan ook nou vergroot word.  Hulle het die stapelmure (drywalling) in die beradingsentrum en admin-area reeds voltooi en is besig om te verf.  Teëlwerk op die grondvloer is amper klaar, hulle het begin teëls lê op die boonste vloer en sal oor twee weke (derde week van Oktober) klaar wees.

Op die boonste vloer is hulle besig om die jeugomgeegroep-vertrekke se stapelmure te bou en behoort binne ‘n week klaar te wees.  Dit is in die sale wat as die perssaal en rooisaal gaan bekendstaan; daar is kleiner vertrekke reg rondom die sale wat die jeug soggens vir kinderomgeegroepe en saans vir senior jeug omgeegroepe gaan gebruik. Die parkeerarea is ook reeds klaargemaak.

Die gebou moet oor ‘n maand van nou af omtrent klaar wees, so hulle is ook besig om al die laaste klein goedjies uit te sorteer.  Dan begin ons om die gebou binne toe te rus…

Hou hierdie spasie dop vir nuwe foto's!

Tuesday
01Sep2009

Lentenuus

Die steen-,  pleister- en betonwerk is amper klaar. Die aluminiumvensters is geïnstalleer en die bouspan het die binnemure begin bou en die plafonne begin insit. Ons vorder goed, die gebou is amper klaar!!

Die dakstruktuur sal binne die volgende week afgehandel wees en daarna die dakplate.

Thomas Joubert, die konstruksiebestuurder, sê hulle begin hierdie week (eerste week in Sept) met die buite werke - plaveisel by die CGD-stoor en kleuterskool. Dit sal binne twee weke afgehandel wees. Daarna begin hulle met die plaveisel rondom die hoofgebou.