Alpha-kursus
Die Alpha-kursus is deel van die droom van ons gemeente om kerkloses te bereik met die evangelie. Saam met ander bedieninge bied die Alpha-kursus 'n unieke oplossing.
|
Wat is Alpha? Die Alpha-kursus is 'n basiese kursus oor die Christelike geloof en word gewoonlik gesien as 'n geleentheid om die sin van die lewe te ontdek. Die kursus word tans in 152 lande aangebied deur verskillende denominasies. (Sien internasionale logo langsaan)
Die kursus is skrifgefundeerd, Christus-gefokus en tog sensitief vir die behoeftes van die moderne mens. |
|
Hoe werk Alpha?
Die Alpha-kursus is 'n reeks van 10 sessies, wat voorafgegaan word deur 'n
“Alpha Aandete”, wat gewoonlik 'n praatjie insluit en dan ook 'n naweekkamp, wat 'n paar lesings insluit. Die kursus word dan afgesluit deur 'n Feesvieringsgeleentheid, waar huidige kursusgangers ook hul vriende nooi. Op die manier vind bewusmaking vir die volgende kursus plaas. Dus, 'n totaal van 12 weke plus die naweekkamp.
Elke sessie begin met 'n ete, lofprysing, die vertoon van 'n dvd (lesing deur Nicky Gumble) en gevolg deur 'n bespreking in kleingroepe.
Kursusgangers ontvang die Alpha-kursus se handleiding wat 'n raamwerk van elke lesing bevat, sowel as plek om notas te maak.
Die kursus word gratis aangebied vir die kursusgangers, maar hul word vanaf die tweede lesing aangemoedig om finansieel by te dra, ten einde die koste van die etes en ander uitgawes te dek.
Navrae: Adri Alberts 012 997 8039 (soggens) / adri.alberts@moreleta.co.za vir inskrywings.

