
Vandag is die eerste dag van die res van jou lewe. Wees net jouself vir Jesus!
40+ Enkelbediening wil in 'n behoefte voorsien waar enkellopende persone van ouer as 40 jaar hulle geestelik en sosiaal in ‘n veilige omgewing ten volle kan uitleef.
Ons besef dat die meeste lede nie uit eie keuse op hierdie ouderdom enkellopend is nie en uit ‘n verskeidenheid van agtergronde kom, daarom hanteer ons mekaar te alle tye met respek, deernis en empatie.
40+ Enkelbediening bied weeklikse 'n aktiwiteit vir sy lede aan deur, onder andere, professionele sprekers uit verskillende dissiplines te nooi:
Om te help met geestelike groei
Om ‘n bydrae te maak en toegerus te word om as volledige enkellopendes in die wêreld met al sy praktiese uitdagings te funksioneer
Om emosioneel opgebou te word, of
Om net gesellig saam te verkeer.
Dit bied ‘n geleentheid om ‘n nuwe vriendekring op te bou met ander mense in ‘n soortgelyke situasie, sodat ons mekaar kan bemoedig, ondersteun, opbou en die lewe geniet.
Aktiwiteite
Alle aktiwiteite word aangebied vanuit ‘n Christelike waardesisteem.
‘n Weeklikse byeenkoms wat bestaan uit ‘n aktiwiteit (bv spreker en ‘n informele koffie en kuier.
Die diversiteit van die lede en hulle behoeftes word erken en daar word
gepoog om ‘n program van hoogstaande gehalte aan te bied wat voldoen
aan ‘n wye verskeidenheid van behoeftes.
Samestelling van program:
Die program word opgestel om te voldoen aan die volgende aspekte:
Geestelik
Aktueel
Emosioneel
Sosiaal
Ds Dolf Kruger tree ongeveer 1 keer per maand as voog op.
Lidmaatskap
Alle enkellopende persone van tussen ongeveer 40 en 60 jaar wat belangstel om in te skakel by ‘n groep wat fokus op opbouende en positiewe aktiwiteite, is welkom om aan te sluit.
Ledebetrokkenheid: Lede word aangemoedig om te alle tye betrokke te wees by die aksie.
Ons sal dit verwelkom as jy enige een van ons bestuurslede sal kontak om te gesels, inligting te verkry, of voorstelle te maak:
Wikus Borman 083 288 9424 wikusborman@gmail.com
Susan du Plooy 082 328 1632 susan@vzlr.co.za
Alfie Scott 083 512 6300 alfie.scott@live.com


