30SOMETHING - ONS BEDIENING VIR ENKELLOPENDES
Hoekom ’n bediening vir 30Something's?
In die gejaagde samelewing waarin ons leef, is Christene ook geneig om bymekaar verby te leef. Ons gaan kerk toe, maar reik nie na mekaar uit nie en raak ook nie iewers betrokke nie. Veral as jy enkellopend is en hard besig is om aan jou loopbaan te bou.
30Something wil ‘n tuiste skep waar “vreemdelinge” in die kerk vriende kan word.
Kom gesels saam oor aktuele kwessies en geestelike vraagstukke met mense wat dieselfde vreugdes en vrese as jy het. Kom vind uit hoe jy jou gawes kan aanwend om die koninkryk te help uitbou.
Hou ook die webruimte en afkondigingsblaadjie dop vir uitreike en ander aktiwiteite. Jy kan ook vir ons jou epos-adres stuur dan hou ons jou op hoogte van 30Something se dinge.
Ons Droom
Ons droom dat elkeen binne die ouderdomsgroep 25-40 jr ‘n volgeling van Jesus sal wees wat op sy/haar beurt volgelinge van Jesus sal maak.
Reis
Bereik mense in hierdie ouderdomsgroep, veral hulle wat onbetrokke, onwelkom, of vreemd voel/is in die kerk en moedig hulle aan om betrokke, vrugbaar en toegerus te word vir die koninkryk van God. Ons reik veral uit na gemeentelede van die Moreletapark Gemeente, maar wil ook mense buite die gemeente en selfs buite die kerk bereik.
Rigtingwysers
- Laat mense welkom voel en moedig gesonde vriendskappe aan
- Stel mense voor aan die ander bedieninge in die gemeente
- Moedig mense aan om betrokke te raak by omgeegroepe
Vertrekpunt
- Gebed
- Skrifgetrou
- Liefde uitdeel
- Lojaliteit
- Onvoorwaardelike aanvaarding
- Toerusting vir die reis
Navrae: Daleen 083 454 7423 of 30Something.moreleta@gmail.com


